Limpopo-dubbeldmoordverdagte vasgetrek

Die man wat hom voordoen as Zacharia Shitiangu en Thomas Mpho Mohoutsi. Foto: SAPD

Die man wat hom voordoen as Zacharia Shitiangu en Thomas Mpho Mohoutsi. Foto: SAPD

Die polisie van Limpopo het ʼn verdagte vasgetrek wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en eenjarige dogtertjie drie weke gelede met ʼn byl doodgekap het.

Die 33-jarige man, wat die name Zacharia Shitlangu en Thomas Mpho Mohoutsie gebruik, word daarvan verdink dat hy sy vrou en kind in Giyani vermoor het, waarna hy op die vlug geslaan het.

“Die man is Maandag by die huis van ʼn vriend in die Greenside informele nedersetting in Polokwane in hegtenis geneem,” het brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Die polisie het vroeër ʼn identikit van die verdagte uitgestuur en het op ʼn wenk van die gemeenskap reageer en hom daar aangekeer. Dit is goed om te weet dat daar steeds lede van die gemeenskap is wat bereid is om saam met die polisie te werk.”

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.