Limpopo-eksamen begin uiteindelik

Leerlinge in Limpopo begin uiteindelik vandag met hul halfjaareksamen. Dié eksamen moes al Maandag begin het, maar is uitgestel weens ʼn tekort aan fondse. Ná verlede jaar se handboek-fiasko het die nasionale departement van basiese onderwys die administrasie van die provinsie oorgeneem. Die geldprobleem was grootliks toegeskryf aan die feit dat die skole nie hul halfjaarlikse subsidies gekry het wat teen 15 Mei inbetaal moes wees nie.

Panyaza Lesufi, nasionale onderwyswoordvoerder, het vroeër die week gesê die probleem is buite die departement se beheer, want die nasionale tesourie het van een betalingstelsel na ’n ander oorgeskakel. Hulle het ook van banke verander wat die vertraging in betalings aan skole veroorsaak het. Die eksamen kan nou voortgaan nadat die departement die betalings gemaak het.

Intussen berig RSG dat talle leerlinge steeds nie handboeke ontvang het nie. By sommige skole waar leerlinge nie handboeke in vakke soos Wiskunde, Rekeningkunde en Wetenskap het nie, het onderwysers afskrifte van die leermateriaal gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.