‘n Man van Zimbabwe is deur die hooggeregshof in Bela Bela tot twee keer lewenslank gevonnis nadat hy ‘n egpaar op hul plaas vermoor het.
Brighton Mafanedza, wat as ‘n tuinier vir die egpaar, Casper Aucamp (55) en Daleen (52), gewerk het, het hulle in Desember 2010 op hul plaas naby Dwaalboom in Limpopo vermoor, het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, Vrydag gesê. Hul liggame is in die kattebak van hul Land Cruiser op ‘n grondpad buite Dwaalboom opgespoor. Hul liggame en motor is aan die brand gesteek. “Hulle is deur die juwele, wat hulle aangehad het, uitgeken,” het Otto gesê.
Die paartjie het pas van Rustenburg af teruggekeer waar hulle Kersfeesinkopies saam met hul drie dogters gedoen het. Toe die paartjie nie bel om te sê hulle is veilig by die huis nie, het een van die dogters ‘n buurman geskakel om ondersoek in te stel.
Mafanedza is Donderdag gevonnis.
Hang die vloek! Dit is die dank wat ons mense kry deur die arme barbare van werk en kos en klere te voorsien. Ek stel voor ons jagters gaan soek elke Zimbojaan in RSA en ….