Limpopo-polisie skiet vier rowers dood

Vier vermeende rowers is Maandag in Vuwani naby Levubu, Limpopo, tydens ʼn mislukte transitorooftog doodgeskiet.

Volgens brigadier Hangwani Mulaudzi het polisiebeamptes wat die gebied gepatrolleer het omstreeks 11:00  ʼn verdagte BMW opgemerk wat agter ʼn Protea Coin-geldwa aangery het.

Die beamptes het nader gery om ondersoek in te stel waarna vier insittendes op die polisie begin skiet het. Die polisie het terug geskiet en al vier verdagtes noodlottig gewond.

Die verdagtes se voertuig het vervalste nommerplate en ʼn blou lig gehad.

“Geen polisiebeampte of sekuriteitsbeampte is in die voorval beseer is nie,” het Mulaudzi aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.