Limpopo-polisieman skiet meisie, self

‘n Polisiekonstabel het sy meisie in Onverwacht, Limpopo, doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.

“Hul liggame is Maandagaand in ‘n huurkamer opgespoor,” het brigadier Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Die man het vermoedelik homself geskiet nadat hy sy geliefde geskiet het, aangesien sy dienspistool langs sy liggaam aangetref is.”

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

Die 30-jarige konstabel het by die polisiestasie in Lephalale (Ellisras) gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johanna goosen ·

Wanneer n mens na die afgelope maand kyk hoeveel skietvoorvalle was in die polisiemag begin ek wonder of hulle bevoeg is om wapens te besit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.