Limpopo-premier spandeer glo duisende op heli-ritte

Cassel Mathale, die premier van Limpopo, spandeer glo duisende rande om “kort” afstande met ʼn gehuurde helikopter af te lê.

Verlede maand het hy glo R60 000 spandeer om ʼn afstand van 161km te vlieg, het The Star Woensdag berig.

Mathale het glo ook ʼn helikopter in Januarie gehuur vir ʼn 200km roete tussen Polokwane en Musina, wat R82 000 uit die belastingbetaler se sak gejaag het.

Tebatso Mabitsela, die Limpopo regering se woordvoerder, het aan die koerant bevestig dat Mathale belastingbetalers se geld gebruik het om vir die ritte te betaal.

Volgens Mabitsela is dit nie moontlik vir Mathale om altyd die provinsie met ʼn voertuig te “deurkruis” nie, weens lang afstande en ʼn gebrek aan tyd. Hy sê die premier moes verlede maand twee “belangrike geleenthede” bygewoon het. Mathale is van Polokwane met ʼn voertuig na die GaMashashane-dorpie geneem om daar die Huis vir Tradisionele Leiers te open. Vandaar is hy met ʼn helikopter na Elim naby Louis Trichardt, sowat 100km van Polokwane, om sy LUR by ʼn openbare vergadering by te staan, het Mabitsela gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene45 ·

Dit is darem lekker om op die sous trein of sal ek sê helicopter te ry!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.