Limpopo se beste en swakste munisipaliteite aangewys

Limpopo

Limpopo

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) stel Donderdag sy Leefbaarheidsmonitor vir Limpopo bekend. Die monitor wys die provinsie se swakste en beste munisipaliteite aan en sal per e-pos aan die media bekendgestel word. Munisipaliteite in Limpopo het in vergelyking met dié in Gauteng baie swakker gevaar. Die SNI het vroeër vanjaar sy Leefbaarheidsmonitor vir Gauteng bekend gemaak.

Die doel van die monitor is om die leefbaarheid van die provinsie op munisipale vlak te meet. Leefbaarheid word aan die hand van ʼn stel sleutelaanwysers, met subaanwysers wat daaronder ressorteer, ontleed.

Die Leefbaarheidsmonitor is ʼn nuttige, kompakte gids oor leefbaarheid in Suid-Afrikaanse munisipaliteite en metropolitaanse gebiede. Die Leefbaarheidsmonitor is gegrond op beskikbare inligting en is derhalwe nie allesomvattend nie; dit is ʼn momentopname en nie ʼn analise oor tyd nie. Soos wat verdere inligting beskikbaar word of in die toekoms ingesluit kan word, sal die leefbaarheidtellings vir munisipaliteite en metropolitaanse gebiede uiteraard aangepas en met vorige jare vergelyk kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.