Limpopo-stroper kry tronkstraf

tronkdeurʼn Man van Mosambiek is Maandag deur die Makhado-streekshof tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir poging om renosters te stroop.

Kol. Ronel Otto, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Musa Sumango (19) is skuldig bevind op aanklagte van poging om renosters te stroop, die onwettige besit van vuurwapens en oortreding.

Sumango en twee medepligtiges is in Oktober in Punda Maria in die Krugerwildtuin deur ʼn wildbewaarder aangekeer. Een van die medepligtiges, Derrick Maluleke (34), is in die skermutseling doodgeskiet en die ander man kon daarin slaag om te ontsnap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.