Lions is (weer) Vodacom-konings

Die Lions het vir die vyfde keer die hardste in die Vodacombeker gebrul toe hy die Nelspruit-katgeveg teen die Pumas gemaklik met 42-28 getroef het.

Hoewel die Pumas en die Vodacombeker straks nie die beste toets vir die Lions se spelpeil is nie, sal hierdie oorwinning die manne in rooi en wit die nodige selfvertroue gee om die Super15-wedstryd vir promosie en relegasie later vanjaar aan te pak.

Die Lions is nou ook sover die mees suksesvolle franchise in die 16 jaar lange geskiedenis van dié toernooi. Hulle is ook een van slegs agt spanne wat dit al kon wen.

Dit was egter nie maklik om hierdie trofee te lig nie. Die Lions het drie van hul eerste vier wedstryde verloor waarna ‘n ironiese keerpunt danksy ‘n sege teen die Pumas hul geluk laat draai het. Hulle het daarna vyf agtereenvolgende wedstryde gewen op pad na vanaand se eindstryd.

Jimmy Stonehouse en sy Puma-spelers verdien groot erkenning en bewondering. Hy het met min befondsing en baie durf ‘n span na die eindstryd afgerig en dit is hartseer dat hulle ná ‘n kliniese seisoen sleg op hul eie veld moes verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.