Die skelet van ‘n dertien meter lange seereptiel is in ‘n kalkgroef in Nederland ontdek. Dié dierasie het 68 miljoen jaar gelede sy skrikbewind in ‘n vlak see gevoer waar die provinsie Limburg vandag is.
Die reptiel verteenwoordig die oudste verteenwoordiger van die Mosasaurus hoffmani, of noue familie daarvan, wat nog gevind is.
Die skelet is opgespoor toe ‘n werker van ‘n sementfabriek reusagtige tande in sy laaigraaf se skopgraaf gevind het.
Die skets is van ‘n kleiner familielid van die monster wat nou gevind is.