Die reklamebedryf dra jaarliks miljarde rand by tot Suid-Afrika se ekonomie en skep duisende werksgeleenthede. Dis boonop ‘n bedryf wat deurgaans soek na nuwe talent – en daarom was dit geen verrassing nie dat studente onder die wenners was by vanjaar se Loerietoekennings in Kaapstad.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.