Loesing vir Zimbabwe-tiener na Facebook-foto

ʼn Hof in Zimbabwe het gelas dat ʼn 17-jarige seun houe met ʼn lat moet kry nadat hy ʼn foto van ʼn vrou op die sosiale netwerk Facebook geplaas het en glo ʼn beledigende byskrif daarby geplaas het.

Die Herald berig dat landdros Tinashe Mdokera die seun skuldig bevind het aan kriminele belediging en gelas het dat hy twee houe kry met ʼn lat. Die tienerseun het erken dat hy ‘n vrou sonder haar wete afgeneem het terwyl sy ʼn oproep gemaak het. Volgens die koerant het die seun later die aand die foto op Facebook geplaas en na die vrou verwys as ʼn prostituut. Die vrou het die polisie in kennis gestel en die seun is in hegtenis geneem. In Zimbabwe word jeugdiges eerder met ʼn lat geslaan as straf aangesien daar aanvaar word dat hulle te jonk is om tronkstraf uit te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.