Lof vir politieke strydros Colin Eglin

Colin Eglin

Colin Eglin

Die DA en Agang het hul medelye uitgespreek met die afsterwe van die oudpolitikus Colin Eglin.

Eglin (88) is Vrydagaand in ʼn sorgsentrum in Kaapstad oorlede. Hy was leier en medestigter van die Progressiewe Party en was ook later ʼn DA-LP. Helen Zille, leier van die DA, het Eglin beskryf as ʼn merkwaardige Suid-Afrikaner met internasionale statuur. Sy sê hy het ʼn groot bydrae gelewer in die stryd teen apartheid en om te help om ʼn vreedsame oorgang na demokrasie te maak. “Ons eer sy besondere intellek, sy sterk toewyding, sy onsentimentele empatie en sy onwrikbare deursettingsvermoë vir die saak van demokrasie in Suid-Afrika,” het Zille gesê. “Ons vier die lewe van ‘n waarlik uitsonderlike Suid-Afrikaner.” Mamphela Ramphele, leier van Agang, het Eglin as “visioenêr” beskryf en sê hy het nooit opgegee in die stryd vir vryheid en menseregte nie. “Colin Eglin was ʼn buitengewone man en sy kaliber van leierskap ontbreek in die huidige regering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.