Loftus gaan in pienk pronk

ʼn Pienk golf word vandag op Loftus Versfeld verwag. Ondersteuners en Bulls-spelers gaan daarheen in pienk opruk ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa).

Die Bulls gaan die Stormers in hul pienk klere pak as deel van die Bulls en Kansa se Trek-jou-pienk-aan-veldtog. Die kragmeting tussen die Bulls en die Stormers word jaarliks beskou as een van die hoogtepunte in die Super15-reeks.

Die Bulle se hoofborg, Vodacom, het onderneem om R20 000 vir elke drie wat hulle gedurende die wedstryd druk, aan Kansa te skenk. Nog ʼn borg, Oasis, sal R5 000 vir elke drie skenk.

Kansa sal ’n mobiele gesond­heid­eenheid by Loftus hê waar mense vir bors- en velkanker ondersoek kan word.

Die wedstryd skop vanaand net na 19:00 af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae