Lolly Jackson-moord: Louca was glo ‘n ooggetuie

Lolly Jackson

Lolly Jackson

George Louca, die man wat van die moord op ontkleedansklubeienaar Lolly Jackson verdink word, het gesê hy was ʼn getuie tot die moord, maar is nie skuldig nie, het The Star Maandag berig.

ʼn Man, wat deur die koerant as Louca uitgeken is, het in ʼn opname beweer hy beskik oor inligting wat Jackson se ware moordenaar kan help vastrek. Hy voer aan hy het ʼn paar keer met die ondersoekbeampte gepraat, en aangebied om terug te keer na Suid-Afrika indien hy beskerming as ʼn ooggetuie sal ontvang. “Maar hy sal dit nie doen nie. [Die polisie] weet ek het nie die sneller getrek nie. Hoe kon ek hom in my eie huis skiet? Maar ek was daar, ek het gesien wat gebeur het.”

Louca sê die mense wat vir die moord verantwoordelik is, het miljoene rand by Jackson gesteel en hy [Jackson] het aggressief geword. “Dit is wat tot sy moord gelei het. Hulle is professioneel,” het hy gesê, maar nie uitgeken wie “hulle” is nie.

Die hoogste hof van appèl in Ciprus het bevind dat Louca se lewe in gevaar sal wees indien hy aan Suid-Afrika uitgelewer word, aangesien die owerhede hom nie sal kan beskerm nie.

Jackson is op 3 Mei 2010 in Kemptonpark in Johannesburg doodgeskiet. Hy was die eienaar van die bekende ontkleedansklub, Teazers.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.