Lolly Jackson se bates opgeveil

Lolly Jackson

Lolly Jackson

Vermoorde ontkleeklubeienaar Lolly Jackson se weduwee gaan van sy bates op ʼn veiling verkoop om sy uitstaande belastingrekening van R100 miljoen te betaal, het The Star Donderdag berig.

ʼn Porsche 911 Turbo 930, twee waterponies en ʼn sleepwa, vier motorfietse – ʼn Suzuki GSX-R1000, ʼn Aprilia RS125, ʼn Aprilia RSV en ʼn Ducati 916 SPS en twee vierwielmotorfietse is van die items wat volgende Donderdag op die veiling verkoop sal word.

Demi Jackson het aan The Star gesê sy verkoop dié items “omdat dit stof vergader” en sy nie wil hê dit moet beskadig word nie.

Sy sê haar man se boedel is nog nie afgehandel nie, aangesien daar nog uitstaande belasting is.

Jackson, die eienaar van Teazers-ontkleedansklubs, is op 3 Mei 2010 by ʼn huis in Edleen naby OR Tambo Internasionale Lughawe doodgeskiet.

Demi sê sy wil hê Jackson se vermeende moordenaar, George Luca, moet na Suid-Afrika terugkeer om “die waarheid te vertel”.

Luca staan sy uitlewering teë. Hy het ná Jackson se afsterwe na Ciprus gevlug.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Says ·

Ek is oningelig, maar is bates wat uit rampokery bekom is wettig ?

Rondom lelik ·

Peter hy het ‘n wettig registreerder club bedryf wat, soos jy lees, belasting betaal. Daar is ook geen onwettigheid teen hom bewys nie. So van watter rampokkery praat jy van?

Deana ·

R100 miljoen aan belasting en ek sal dit nie eers in my leeftyd verdien nie.

Rondom Lelik ·

Moontlik op ‘n vroeë ouderdom vir Teazers gaan werk Deana?

Deana ·

Rondom, dit is seker die oudste beroep op aarde, maar dan bly ek liewers brandarm en hou my man gelukkig en hy vir my. Hoe verduidelik ‘n vrou dit eendag vir haar kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.