Lolly Jackson se ‘moordenaar’ vas

Die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die man wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas, Lolly Jackson, is in Ciprus in hegtenis geneem.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Vishnu Naidoo, sê George Louca is op versoek van die Suid-Afrikaanse regering in hegtenis geneem. Naidoo sê Louca, ook bekend as George Smith, sal na verwagting volgende week in die hof verskyn waarna daar met die uitleweringsproses begin sal word. Jackson is op 3 Mei 2010 in sy huis in Edleen, Kempton Park, doodgeskiet. Daar is destyds berig dat Louca kort na die moord op Jackson glo vir die voormalige misdaadintelligensiebaas, genl. Joey Mabasa, gebel en skuld beken het. Louca het in Mei verlede jaar in ʼn telefoniese onderhoud met die Sunday Times gesê hy dink nie hy sal ʼn regverdige verhoor in Suid-Afrika kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.