Lolly Jackson se vermeende skieter aan SA uitgelewer

Lolly Jackson

Lolly Jackson, voormalige baas van Teazers, se vermeende moordenaar, George Luca, gaan aan Suid-Afrika uitgelewer word nadat hy sy finale appèlaansoek in ʼn Cipriese hooggeregshof verloor het, het The Star Vrydag berig.

Luca word sedert sy inhegtenisneming by die Nicosia-gevangenis aangehou.
Jackson, die eienaar van die Teazers-ontkleedansklubs, is op 3 Mei 2010 by ʼn huis in Edenglen, naby die OR Tambo Internasionale Lughawe, doodgeskiet.

Luca het net ná Jackson se moord uit die land gevlug en na sy tuisdorp, Limassol in Ciprus teruggekeer. Sy prokureur, Sofronios Sofroniou het aangevoer dat van die klagtes teen Luca reeds ses jaar oud is en dat dit sy kans op ʼn regverdige verhoor kan beïnvloed. Daar is ook kommer dat persone in Suid-Afrika wat hulle aan ondergrondse aktiwiteite skuldig maak, Luca se lewe in gevaar kan stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.