‘Lolly-moordenaar’ veg teen uitlewering

Lolly Jackson

Lolly Jackson

Lolly Jackson se vermeende moordenaar, George Luca, het 40 dae om om appèl aan te teken teen sy uitlewering na Suid-Afrika.

Jackson, eienaar van die ontkleeklub Teazers, is sowat drie jaar gelede in ’n huis in Kempton Park doodgeskiet. Loukis Loucaides, Luca se regsverteenwoordiger, wil Jeff Radebe, minister van justisie, se aansoek om Luca na Suid-Afrika uit te lewer ongeldig verklaar, berig The Star. Volgens die berig het die hoogste hof van appèl in Ciprus Dinsdag beslis dat Luca se lewe in gevaar sal wees indien hy na Suid-Afrika terugkeer. Loucaides het aangevoer dat sy kliënt die slagoffer van ʼn sluipmoordaanval sal wees indien hy uitgelewer word. Volgens die hof sal die Suid-Afrikaanse owerhede nie vir Luca kan beskerm indien hy na die land terugkeer nie. Loucaides sê hy sal nie huiwer om die Europese hof van menseregte te nader indien die uitlewering voortgaan nie. Luca het in Mei 2012 na Ciprus gevlug, kort na die moord op Jackson. Luca het aan The Star gesê dat hy nie ʼn woord sal rep al word hy uitgelewer nie. Hy beweer dat dit “belangrike mense” se ondergang sal beteken indien hy die volle verhaal rakende Jackson se moord openbaar maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vuurvreter ·

Janee nog n moordenaar wat gaan losloop. Mens wonder hoeveel moordenaars bly tussen ons sonder dat ons weet?

chris ·

Hy is nou bang vir ‘n sluipmoord aanval. Wonder wat het hy dan gedoen tydens sy oortreding? Lagwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.