Londen kry sy eie “Cape Argus”-fietsrytoer

Fietse by die Cape Argus Pick n Pay-fietsrytoer op 10 Maart 2013 Foto: Karin Schermbrucker, www.cycletour.co.za

Die stad Londen in Engeland beplan glo om die Cape Argus Pick n Pay-fietsrywedren as ʼn bloudruk te gebruik vir hul eie fietsrywedren, het die Cape Argus Maandag berig.

Afgevaardigdes het glo die afgelope twee Argus-fietsrywedrenne bygewoon om te sien hoe Kaapstad die bykans 40 000 fietsryers oor 110km van openbare paaie hanteer.

Dave Bellairs, direkteur van die Cycle Tour Trust, het aan die koerant gesê die organiseerders van die “Prudential Ride London”, insluitend Hugh Brashire, hoof van die organisasiekomitee vir die Londen-marathon, het Suid-Afrika besoek. Die wedren in Londen sal glo in die nuwe Queen Elizabeth Olimpiese Park begin en dan ʼn 160km-roete op geslote paaie deur Surrey se platteland volg.

Die Cape Argus-fietsrywedren is die wêreld se grootste tyd gemete fietsrywedren.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.