Lonmin: Afgestorwe polisielede se name bekend

Foto: Taurai Maduna/EWN

Die twee polisiebeamptes wat vroeër die week by Lonmin se Marikana-myn in Noordwes gesterf het, is uitgeken.

Kaptein Dennis Adriao, nasionale woordvoerder vir die polisie, sê die beamptes was ao Tsietsi Hendrik Monene van die publiekeorde-polisie in Mpumalanga en ao SR Lepaaku van die publiekeorde-polisie in Noordwes. Die twee lede het Maandagmiddag tydens gewelddadige betogings by die myn gesterf Meer as 40 mense is reeds dood sedert die begin van dié onwettige betogingsaksie.

Klik hier om foto’s van die betogers te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.