Lonmin-baas bedank

Ian Farmer

Ian Farmer, hoof uitvoerende beampte van die mynmaatskappy Lonmin, het bedank.

“Farmer, wat vir ‘n ernstige siekte behandel word, het die raad van sy versoek ingelig dat hy as hoof uitvoerende beampte en as direkteur wil bedank,” het Lonmin in ‘n verklaring gesê. Hy verlaat die maatskappy met onmiddellike effek.

Roger Phillimore, voorsitter van Lonmin, het gesê Farmer sal gemis word. “Hy was vir die afgelope vier jaar die hoof uitvoerende beampte en die verbetering in Lonmin se werkverrigting gedurende dié periode is te danke aan sy leierskap,” het Phillimore gesê.

Die maatskappy het nou ‘n agent aangestel om ‘n opvolger op te spoor.

Simon Scott tree steeds as waarnemende hoof uitvoerende beampte op, maar het versoek dat hy nie vir ‘n permanente aanstelling in dié posisie oorweeg sal word nie. Scott sal, sodra ‘n opvolger aangestel is, weer sy pos as hoof finansiële beampte optree.

Lonmin het nasionale en internasionale nuus gehaal toe die polisie op 16 Augustus 34 mynwerkers tydens ‘n onwettige staking by die platinummyn in Marikana doodgeskiet het. ‘n Kommissie van ondersoek het intussen begin om dié dag se gebeure te ontsyfer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.