Lonmin maak tweede loonaanbod

Stakende Lonmin-werkers Foto: Taurai Maduna, EWN

Die platinum-vervaardiger, Lonmin, het Vrydagaand ‘n nuwe loonaanbod vir stakende mynwerkers gemaak.

Rotsbooroperateurs is ‘n verhoging van R1 875 aangebied en ondergrondse werkers ‘n verhoging van R1 321. “Graad A3-werkers (algemene werkers) sal dus ná die verhoging R9 485 verdien,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Graad A4-werkers se salaris sal van R9 063 tot R10 938 verhoog.”
Werkers het meer as vier weke gelede begin staak en op ‘n salaris van R12 500 aangedring.

Die eerste algemene loonaanbod van R986 is Vrydag verwerp.

Die vakbonde het nog nie op die tweede aanbod besluit nie en konsultasie hieroor sal Maandag om 10:00 voortgesit word.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mercia ·

Ek wonder tog hoekom soveel mense geld mors op duur studies en baie jare deurdruk om grade te kry as hulle in die eerste plek vir die tipe geld in die myn kon gaan werk het. My vriendin wat BCom geswot het en 20 jaar ondervinding het, kry nie werk nadat sy afgelê is nie. Sy moes ‘n aanbod van R3500pm van die hand wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.