Lonmin-mynwerkers trek nie terug

Foto: Govan Whittles/EWN

Duisende stakende Lonmin-mynwerkers in Marikana, Noordwes, het Woensdag met hernude energie by die myn bymekaar gekom in ʼn poging om die mynbestuurders te dwing om hul salariseise ernstig op te neem.

Nagenoeg 3 000 werkers het verlede maand begin staak om aan te dring op ʼn salaris van R12 500. Twee polisiebeamptes, twee veiligheidswagte en 40 mynwerkers is reeds, sedert die staking begin het, dood weens gewelddadige aksies.

Intussen het die mynbestuur gewaarsku dat die staking uiteindelik die poste van meer as 40 000 mense kan beïnvloed indien produksie by dié myn nie teen Vrydag hervat word nie. Sommige bedrywe sal ook moontlik gesluit moet word.

Minder as 5% van die myn se werkers het vandeesweek vir werk opgedaag. Nagenoeg 200 werkers het Dinsdag na die myn gestap en kollegas geïntimideer wat wel wou werk. Die myn het ʼn klag van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak.

Gesprekke tussen mynbestuur, unies en werkers duur Donderdag in Rustenburg voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Hulle wil R12 500 “cash in hand” hê. Hul volle salarisse is reeds in die omgewing van R10 000 tot selfs soveel as R16 000, afhangende van gereelde bonusse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.