Lonmin onder beheer

Veiligheidswagte beheer steeds toegang tot die Lonmin-platinummyn in Marikana. Dit is vandag die tweede dag van die induksieproses nadat die werkers se ses weke lange staking Dinsdag tot ʼn einde gekom het. Die sowat 3 000 rotsbooroperateurs het aan die begin van Augustus op ‘n maandelikse salaris van R12 500 aangedring. Dit het wat ʼn gewelddadige staking tot gevolg gehad het waarin ondermeer 46 mense dood en talle beseer is.

Die stakende werkers het Dinsdag ‘n hersiende loonaanbod aanvaar. Lone sal nou tussen R9 000 en R11 000 beloop, wat ‘n totale verhoging van 22% verteenwoordig. Die stakers het gesê hulle sukkel finansieeël en sommige het vir dae lank nie geëet nie. Die werkers het Donderdagoggend teruggekeer werk toe.

Intussen is soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) in Marikana ontplooi. Die soldate sal tot Januarie in die omgewing aktief wees om orde in dié onbestendige gebied te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.