Lonmin-sangoma vermoor

Die sangoma wat glo verlede jaar rituele op stakende Lonmin-mynwerkers in Marikana gedoen het, is Sondag doodgeskiet.

Adv. Ishmael Semenya, vir die polisie, het Maandag tydens die Farlam-kommissie se ondersoekverhoor in Rustenburg, dié nuus aan regter Ian Farlam bekendgemaak.

“Dit is skokkend dat die sangoma, wat ‘n sleutelgetuie in die ondersoek was, vermoor is,” het Semenya gesê. Hy sê die polisie het verskeie pogings aangewend om die sangoma sover te kry om voor die kommissie te getuig. Die sangoma is glo by sy huis in Bizana in die Oos-Kaap vermoor. Hy het na bewering muti aan van die stakers gegee wat hulle glo “onsterfbaar” teen die polisie sou maak.

Die Farlam-kommissie ondersoek die bloedbad van 16 Augustus 2012 toe 34 stakende mynwerkers deur die polisie by die myn doodgeskiet is. Altesaam 78 werkers is gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.