Lonmin: ‘Shut up’ sê minister

Foto: Taurai Maduna/EWN

Die parlementere debat oor verlede week se tragedie by Lonmin het in ʼn oor-en-weer-moddergooiery ontaard waartydens Susan Shabangu, minister van minerale bronne, aan LP’s gesê het om te ‘shut up’.

City Press berig dat Shabangu teruggekap het na Cope se Mosioua Lekota nadat hy haar glo daarvan beskuldig het dat sy die National Union of Mineworkers (NUM) voortrek in haar ingryping in die dispuut. Lekota het haar verder daarvan beskuldig dat sy nie vir Amcu betrek het nie ten spyte daarvan dat die vakbond ʼn sleutelrol in die konflik gespeel het. Shabangu het op haar beurt vir Lekota daarvan beskuldig dat hy die weermag op inwoners van Khutsong losgelaat het toe hy die minister van verdediging was. Sy het haar aksies verder geregverdig deur te sê dat sy nie bewus was van Amcu se bestaan nie. Shabangu is tot orde geroep nadat sy aan opposisie LP’s gesê het om te ‘shut up’ nadat hulle gelag en onderlangs gefluister het oor haar uitlatings. Die DA se woordvoerder het intussen geëis dat Nathi Mthethwa, die minister van polisie, moet bedank. Die party se parlementere leier, Lindiwe Mazibuko, het op haar beurt gevra dat die leiers van die betrokke vakbonde en die bestuur van Lonmin moet bedank.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.