Lonmin-stakers aanvaar aanbod

Stakende werkers Foto: Taurai Maduna, EWN

Stakende mynwerkers by Lonmin se myn in Marikana het Dinsdag ‘n hersiende loonaanbod aanvaar.

Lone sal nou tussen R9 000 en R11 000 beloop, wat ‘n totale verhoging van 22% verteenwoordig. Lonmin-base en -werknemers was desperaat om die staking, wat vroeg in Augustus begin het, te beëindig, berig EWN.

Die stakers het gesê hulle sukkel finansieël en sommige het vir dae lank nie geëet nie.

Die mynreus is gedwing om een van sy skagte te sluit weens die staking. Sowat 3 000 rotsbooroperateurs het aan die begin van Augustus op ‘n maandelikse salaris van R12 500 aangedring.

Die werkers sal Donderdagoggend terugkeer werk toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.