Lonmin-werkers dreig met massa optog

Foto: Govan Whittles/EWN

Stakende Lonmin-mynwerkers dreig om Woensdag  ʼn massa optog te hou in ʼn poging om die mynbestuurders te dwing om hul salariseise ernstig op te neem.

Nagenoeg 200 werkers het Dinsdag na die myn gestap en kollegas geïntimideer wat wel wou werk, berig EWN. Minder as 5% van die myn se werkers het vandeesweek vir werk opgedaag. Die myn het ʼn klag van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak. Die skare het later Dinsdag vanself verdaag, maar het hul intensie om Woensdag ʼn optog na die myn te onderneem, duidelik gemaak.

Gesprekke tussen mynbestuur, unies en werkers duur Donderdag in Rustenburg voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.