Lonmin-werkers verwerp aanbod

Stakende mynwerkers by Lonmin Foto: Taurai Maduna, EWN

Stakende mynwerkers by Lonmin se Marikana-myn het Vrydagmiddag die mynbestuur se eerste loonaanbod verwerp. Hulle is 5,6% per jaar (R986 ʼn maand) aangebied maar hulle dring aan op 12,5%.

Die aanbod is Donderdagaand gemaak nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), Lonmin-bestuur, staakleiers en vakbonde ure lank vergader het. Dit is die eerste salarisaanpassingsvoorstel wat gemaak is sedert die sowat 3 000 rotsbooroperateurs vyf weke gelede begin staak het.

Myners het vroeër die week gesê dat hulle onmiddellik sal terugkeer werk toe indien die aanbod ʼn maandelikse salaris van R12 500 beloop.

Die staking by die myn het reeds ʼn invloed op die produksie by die myn gehad, en ten minste 45 mense het reeds weens die gewelddadige aksie gesterf.

Na wat verneem word gaan afgevaardigdes van die werkers later vandag onderhandelinge met die bestuur hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.