Lonmin-werkers weer op hul pos

Betogende mynwerkers tydens Dinsdag se onwettige staking. Foto: Makwena Manamela / Twitter

Die duisende Lonmin-mynwerkers van Marikana in Noordwes wat sedert Dinsdag gestaak het, het weer vir werk opgedaag.

Die mynbestuur het Donderdag bevestig bedrywighede by al 13 skagte is hervat. Die onbeskermde staking is opgeskort nadat Joseph Mathunjwa, die president van die vakbond Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU), die werkers Woensdagmiddag by die Wonderkop-stadion toegespreek het. AMCU dring daarop aan dat die myn die vakbond as meerderheidsvakbond erken. AMCU, die mynbestuur en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vergader Donderdag om die saak te bespreek. Die vakbond het reeds gesê dat meer stakings verwag kan word as daar nie aan hul eise voldoen word nie.

Intussen het Mildred Oliphant, die minister van arbeid, ‘n beroep op AMCU en die National Union of Mineworkers (NUM) gedoen om die belange van die land bo hul eie belange te stel. AMCU eis glo dat NUM hul kantore by die myn sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.