Nagenoeg 6 000 mynwerkers van die Lonmin-platinummyn in Marikana, Noordwes, het vandag teruggekeer werk toe nadat hulle Dinsdag aan ʼn onwettige staking deelgeneem het.
Sue Vet, die myn se woordvoerder, het Woensdag gesê alle werkers is terug by die werk en alle bedrywighede is terug na normaal.
Die werkers het Dinsdag glo daarop aangedring dat vakbond AMCU as die meerderheidgesag by die myn gesien word. Die geskil is egter Dinsdagmiddag na lang vergaderings tussen die mynbestuur en verskeie vakbonde uitgeklaar.
Dié onwettige werkstilstand volg skaars sewe maande na ‘n voorval by die myn waartydens 34 myners tydens gewelddadige botsings met die polisie doodgeskiet is. Die Farlam-kommissie ondersoek die voorval en is besig met openbare verhore in Rustenburg.
Ek kan nie verstaan dat hulle dink hulle kan net vir alles staak nie!