Lonmin-werkers werk weer

Stakende mynwerkers by Lonmin verlede jaar. Foto: Taurai Maduna/EWN

Nagenoeg 6 000 mynwerkers van die Lonmin-platinummyn in Marikana, Noordwes, het vandag teruggekeer werk toe nadat hulle Dinsdag aan ʼn onwettige staking deelgeneem het.

Sue Vet, die myn se woordvoerder, het Woensdag gesê alle werkers is terug by die werk en alle bedrywighede is terug na normaal.

Die werkers het Dinsdag glo daarop aangedring dat vakbond AMCU as die meerderheidgesag by die myn gesien word. Die geskil is egter Dinsdagmiddag na lang vergaderings tussen die mynbestuur en verskeie vakbonde uitgeklaar.

Dié onwettige werkstilstand volg skaars sewe maande na ‘n voorval by die myn waartydens 34 myners tydens gewelddadige botsings met die polisie doodgeskiet is. Die Farlam-kommissie ondersoek die voorval en is besig met openbare verhore in Rustenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Ek kan nie verstaan dat hulle dink hulle kan net vir alles staak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.