ʼn Man wat tereg staan op 33 aanklagte van verkragting en 33 van poging tot moord, het die hof versoek om die ondersoekbeampte opdrag te gee om op te hou om sy vrou te teister.
Die man, wat nie geïdentifiseer mag word voor hy gepleit het nie, het Dinsdag in die Alberton landdroshof verskyn. Landdros Janice Saulse het die saak tot 23 April uitgestel sodat die man om regshulp kan aansoek doen nadat sy vorige regsverteenwoordiger gesê het hy wil hom nie verdedig nie. Voor die man die hofsaal verlaat het, het hy die landdros gevra om opdrag te gee aan polisiebeamptes om op te hou om sy vrou te teister. “Kan jy asseblief die ondersoekbeampte vra om op te hou om na my vrou toe te gaan en vir haar te sê dat die DNS-toetse positief was en dat ek lewenslank tronkstraf gaan kry?” Saulse het die versoek toegestaan. Die man word daarvan aangekla dat hy 33 meisies, tussen die ouderdomme van 10 en 14, verkrag het. Hy is einde verlede maand in Edenpark in hegtenis geneem nadat een van sy slagoffers hom glo na sy huis gevolg en die polisie in kennis gestel het. Die man het die meisies glo in ʼn veld verkrag tussen 2007 en 2011. Die man het gedurende ʼn vorige hofverskyning gesê dat hy in 1997 tronk toe gestuur is vir verkragting en in 2005 vrygelaat is.
Ja jou vark hoekom vra jy enigeiets hoop jy brand in hel en verdien niks nie, geen genade vir jou nie.