‘Los Phiyega uit,’ sê ANC

Phiyega

Phiyega

Stone Sizane, ANC-hoofsweep, sê dit is onverantwoordelik om te versoek dat die nasionale polisiehoof, Riah Phiyega, geskors moet word.

Sizane het die DA daarvan beskuldig dat hy “elke verwikkeling in die polisie as ʼn geleentheid sien om politieke punte te wen.” Hy sê dit is ʼn vernietigende en opportunistiese vorm van opposisie. Die DA het vroeër geëis dat Phiyega geskors moet word hangende die uitkoms van ʼn ondersoek teen haar na ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg. Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, sê die Wet op Arbeidsverhoudinge maak voorsiening vir skorsing indien ʼn werknemer betrek is by aanklagte van wangedrag, indien daar prima facie-getuienis van skuld is en as die werknemer ‘n ondersoek na hom of haar onbillik kan beïnvloed.Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het Dinsdag bekend gemaak dat hy bewerings teen Phiyega ondersoek. Sy word onder meer daarvan beskuldig dat sy lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, ingelig het oor ondersoeke teen hom. Phiyega ontken die bewerings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.