“Los skaliegasontginning”

Argieffoto

Die Alliansie teen hidrobreking in Suid-Afrika, AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG), het beklemtoon dat skaliegasontginning nie kan voortgaan nie. Dit is in antwoord op ʼn verklaring deur die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, dat die regering lisensies vir skaliegasontginning wil uitreik voor volgende jaar se verkiesing.

Die Alliansie is diep teleurgestel in die regering en sy houding oor skaliegasontginning. “Eerstens glo ons dat so ʼn besluit ʼn effek sal hê wat lank ná die verkiesing gevoel sal word. Die besluit kan nie eenvoudig voor die verkiesing deurgedruk word nie. Dit sal heeltemal onverantwoordelik wees,” sê Jonathan Deal, voorsitter van TKAG.

“Tweedens het minister Susan Shabangu by verskeie geleenthede belowe dat die publiek van hierdie land in ag geneem sal word voordat enige besluit oor skaliegasontginning geneem sal word. Dit het nie gebeur nie, en Suid-Afrika se mense – op alle vlakke – is geregtig daarop om gehoor te word oor ʼn kwessie van hierdie omvang.”

“Ons het verneem dat die regering tot dusver grootliks gesteun het op navorsing wat deur die departement van minerale aangevra is – wat na ons mening heeltemal ontoereikend is as ʼn mens die multidissiplinêre aard van mynwese in ag neem.”

Die omgewingskwessies, waarvan water net een is, is kompleks en uiteenlopend, en die wette van die land is totaal ontoereikend om ʼn bedryf met so ʼn bedenklike reputasie en die hidrobrekingsproses as sodanig te beheer.

“Die regering koop stemme met hierdie besluit, maar dis ʼn leë belofte. Selfs al sou die regering lisensies uitreik, mag ontginning nie regtens voortgaan nie. Ons sal nie toelaat dat ons grondwetlike regte geskend word nie; die Alliansie sal teen die regering appelleer,” sê Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum.

“AfriForum en TKAG ondersteun ontwikkeling, maar ons kan nie ʼn oorhaastige en ondeurdagte besluit onderskryf wat die vooruitgang van huidige en toekomstige geslagte in die wiele kan ry nie.”

“Nuwe navorsing in die VSA dui daarop dat hidrobreking drinkwater besoedel. ʼn Studie wat deur Duke University onderneem is, het 141 drinkwatermonsters dwarsoor ʼn gasryke skaliegebied in noordoos-Pennsylvanië ontleed.”

“Hulle het bevind dat metaankonsentrasies 6 keer hoër was, dat etaankonsentrasies 23 keer hoër was en propaan in 10 monsters voorgekom het, en dit alles in drinkwater van huise wat binne ʼn kilometer van die boorgate af was.”

Twee vorige studies deur wetenskaplikes by Duke het ʼn direkte skakel tussen metaanbesoedeling in drinkwater en hidrogasontginning in noordoos-Pennsylvanië gekry. “Ons wil nie hê dit moet in Suid-Afrika gebeur nie, veral nie in die sensitiewe Karoo-gebied nie. Suid-Afrika is ʼn land met groot waterskaarste en moet sodanig hanteer word,” het Kleynhans gesê.

Hidrobreking het in die VSA gelei tot massiewe gasontginning, maar ander lande, soos Frankryk, het dit verbied omdat dit so ‘n geweldige impak op die omgewing het.

“Die gas word ontgin deur die skalierots, wat ryk is aan hidrokoolsuurgas, oop te breek deur water, sand en chemikalië teen hoë druk in diep boorgate in te pomp. Omgewingsgroepe en baie wetenskaplikes glo dat hierdie tegniek die grond verarm, grondwater besoedel en die lug vol gas pomp,” het Kleynhans bygevoeg.

Om ʼn lid van AfriForum te word en hierdie saak te ondersteun, SMS “Karoo” na 31336. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

a.lombard ·

Hier van uit Nederland..Vandag… Dagblad van de Noorden verwys na die ontginning van Skaligas Provinsie Groningen. Die beskadiging van huise is so erg dat eiendomme geen waarde meer het en NAM(NederLANDSE AANNEMINGS MAATSKAPPY..ONDERDEEL SHELL) moet skade dek, ek verskaf alleenlik uittreksels uit die onderskeie berigte vir self nasoek op Google.
“”Groninger Bodem Beweging wil onafhanklijke onderzoek van Vereniging Eigen huis naar waardedaling huizen (GBB) en (VEH) Bestuurslid Daniella Blanken.
GBB het geen verrtroue in die onafhanklike ondersoek van die minister Henk Kamp na aanleiding van die toenemende aardskokke in die gebied””Wij betwisten die onderzoekers zegt Blanken …Het bureau Ortec Finance werkt voor Shell ook steeds meer voor NAM.””
Directeur Patrick Brouns van de Samenwerkende Bedrijven Eemsdelta(SBE)gisteren geen reactie kunnen geven op het beloofde rapport naar de effecten van aadbevingen op de vitale infrastrutuur.

Honderden tot enkle duizenden woningen moeten worden versterk

De NAM gaan met de bureau Arup onderzoek doen naar de verstevigen van huizen in de aardbevings gebied
KMNI zag de impact 5 op de schaal van Richter gemeente Loppersum/Eemmond.

De NAM moest de bewoners van uit verzakte boerderij evacucueerd, de boerderij waren verzakt, mijnbouw schaden!(verslaggewer is Willem Dekker)

Ek. stuur die gegewens deur omdat hier in die Provinsie Groningen GROOT probleme is ook kan die waterbronne beskadig word. Miskien stel ons mense belang in hierdie berigte.

Älles wijst erop dat gaswinning moet doorgaan””………………….selfs hier moet mense veg teen
Shell!

(Met vakansie in die Provinsie Drenthe tot 10 Okt)

a.lombard ·

Regstelling NAM is Nederlandse Aardolie Maatskappy

Regstelling gas is nie skaligas maar aardgas verskoning in my berig.

piet ·

EK SE BEWYS N PUNT. BOIKOT ALLE SHELL VULSTASIES EN ALLE ANDER HANDELSMERKE VAN SHELL IN SA EN SIEN WAT GEBEUR

InaT ·

Met hierdie proses gaan die verarmdes verder verarm word en die rykes verder verryk word. So waar is die voordeel vir die veramdes. Wat’s dit nut van biekie meer geld in die huis, maar jy kan nie die water uit kraan drink nie, en moet ten duurste bottel water drink??? Ek duur meds drink omdat jou liggaam deur gifstowwe afgebreek word? Weer vra ek, waar’s die voordeel nou??? Dankie vir die organisasies wat namens ons opstaand teen skaliegas!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.