Loterykaartjie vir villa in Kaapse Wynlande

'n Skermskoot van die egpaar se webtuiste.

‘n Skermskoot van die egpaar se webtuiste.

ʼn Luukse villa in die Kaapse Wynlande is op die spel in ʼn lotery met slegs 9 999 kaartjies wat beskikbaar is teen €99 (ongeveer R 1400), berig Rapport.

’n Nederlandse egpaar, Peter de Pagter en sy vrou, Arlette Boeckx, kan sowat R14,9 miljoen in hul sak steek indien hulle al die kaartjies verkoop. Die villa is glo sowat R4 miljoen werd. Die egpaar bly reeds 10 jaar in Suid-Afrika maar wil nou om persoonlike redes na Europa terugkeer. Die villa van 400 m² is in die Diemersfontein Wine & Country Estate in Wellington. Die villa het onder meer ʼn sauna, ʼn verhitte swembad, lugverkoeling en is ten volle gemeubileerd. Die trekking is geskeduleer om op 31 Mei plaas te vind maar kan vroeër gedoen word indien al die kaartjies vinnig uitverkoop.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.