ʼn Voormalige loterywenner wat daarvan beskuldig word dat hy R250 gesteel het, het Dinsdag in die Pietermaritzburg-streekshof verskyn.
Dayalin Maslamoney (39), ʼn voormalige polisiebeampte wat in April 2009 R10.4 miljoen in ʼn lotery gewen het, staar aanklagte van diefstal en dat hy homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen het, in die gesig. Die saak is tot 17 Maart uitgestel.
Maslamoney en sy vrou Reena Pillay se egskeiding is in Maart verlede jaar afgehandel. Sy het R2.5 miljoen, die helfte van die bedrag in hul gesamentlike rekening, uit die skikking ontvang. Hy is nou egter brandarm en deel ʼn woonstel met twee gesinslede in Pietermaritzburg.
Hy en sy medebeskuldigde het glo, geklee in siviele drag, by ʼn huis ingestorm, ʼn polisiewapen getoon en kontant geëis. Hy is vroeër op borgtog van R2 000 vrygelaat. -SAPA
Lees ook:
Loterywenner steel glo R250