Lotter-moord: Vonnis uitgespreek

Hardus Lotter (links), Mathew Naidoo (middel) en Nicolette Lotter (regs) nadat hulle verlede week skuldig bevind is aan moord. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Mathew Naidoo is Woensdag twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord op sy voormalige meisie, Nicolette Lotter, se ouers.

Die Durbanse hooggeregshof het Nicolette tot 12 jaar tronkstraf gevonnis terwyl haar broer, Hardus, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis is weens die moord op hul ouers. Regter Shyan Gyanda het gelas dat Hardus na ses jaar vir parool in aanmerking sal kom terwyl Nicolette na tien jaar vir parool kan aansoek doen. Gyanda het in ag geneem dat Nicolette en Hardus reeds 44 maande in die tronk is. Naidoo, Nicolette en Hardus is verlede week skuldig bevind aan die moord Johnny en Riekie Lotter op 19 Julie 2008. Gedurende die verhoor het Nicolette en Hardus getuig dat hulle deur Naidoo beïnvloed is aangesien hy hul oortuig het dat hy die “derde seun van God is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.