Lotters, ekskêrel skuldig aan moord

Johnny en Riekie Lotter.

Nicolette Lotter, haar broer Hardus, en haar voormalige kêrel Mathew Naidoo, is Dinsdag in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die Lotters se ouers in 2008.

Regter Shyan Gyanda het bevind dat Nicolette en haar broer deur Naidoo, wat gesê het hy is die derde seun van God, beïnvloed is. Sy sê hulle het egter steeds die vermoë gehad om te onderskei tussen reg en verkeerd. Johnny (53) en Riekie (52) Lotter is op 19 Julie 2008 in hulle huis in Westville vermoor. Die saak is uitgestel tot Maandag vir Willem Lotter, Johnny se broer en Nicolette se oom, om getuienis ter versagting van vonnis aan te bied. Hy het die hofverrigtinge van tyd tot tyd bygewoon en is ‘n NG-predikant in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.