Lotto boerpot nog onopgeëis

‘n Lotto boerpot ter waarde van R1,364-miljoen gaan verval as dit nie voor Donderdag opgeëis word nie.

Gidani, die maatskappy wat die Lotto bestuur, het Dinsdag bekend gemaak twee spelers het verlede jaar die wennommers (4,5,9,10,15 en 25) in trekking 1093 gehad.

“Een van die spelers het egter nog nie vorendag gekom om die geld te eis nie. Die kaartjie is in Randburg gekoop,” het Thembi Tulwana, Gidani se woordvoerder, gesê.

Sy het gesê wenners het 365 dae vandat die trekking plaasgevind het om hul prysgeld te eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.