Lotto-wenner steek kaartjie in skoen weg

Suid-Afrika se nuutste kitsmiljoenêr is ʼn 54-jarige man van KwaZulu-Natal wat R6,5 miljoen gewen het in die Nasionale Lotery.

Thembi Tulwana, woordvoerder van die lotery-operateur Gidani, sê die man het ʼn kaartjie van R20 gekoop vir die trekking op 19 Januarie. Tulwana sê die man het sy kaartjie in sy skoen weggesteek nadat hy besef het dat hy die boerpot gewen het. Die man het voorheen los werkies gedoen en sowat R750 per maand verdien. Tulwana sê die man wil graag ʼn huis vir sy kinders bou. “Hy sal ook nou sy kinders wat tans in KwaZulu-Natal woon in Johannesburg kan hervestig waar hulle na van die beste skole sal kan gaan.” Die man sê hy het daarvan gedroom om eendag die Lotto te wen en dat hy altyd dieselfde nommers gespeel het. Die trekking op 19 Januarie het egter twee kitsmiljoenêrs opgelewer maar die tweede wenner het nog nie sy of haar prys kom opeis nie.

ʼn 61-jarige man van Gauteng het op 18 Januarie die R38 miljoen Powerball-boerpot gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.