Dr. Louis Luyt, voormalige Suid-Afrikaanse rugybaas en politikus, is Vrydag in die ouderdom van 80 dood.
Eyewitness News het op Twitter Luyt se afsterwe bevestig. Hy is glo vroeër in ‘n Durbanse hospital opgeneem. Die oorsaak van sy dood is nog nie in die stadium bekend nie. Luyt het vir homself naam gemaak as ‘n jong rugbyster. Hy het daarna die maatskappye Triomf Kunsmis en Luyt Brouerye gestig en het in 1984 beheer oor die Ellispark-stadion in Johannesburg namens die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) oorgeneem. Luyt het veral bekendheid verwerf vir sy betrokkenheid by die Inligtingskandaal van 1978 en sy beweerde finansiering om The Citizen-koerant namens die regering op die been te bring.
RIP