Louis XIV se olifanttand gesteel

Die olifanttand in die museum

‘n 20-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy ‘n olifanttand met ‘n kettingsaag in ‘n geslote Paryse museum in Frankryk afgesaag het.

Die klank van die kettingsaag het die alarmstelsel laat afgaan wat die polisie in kennis gestel het van die diefstal. Die man is naby die Natuurlike Geskiedenismuseum met die waardevolle 3kg-ivoor aangekeer. Volgens beamptes van die museum sal die olifanttand weer aan die geraamte van die olifant vasgemaak kan word, aangesien daar geen verdere skade aangerig is nie.

Die dier het aan die Franse koning Louix XIV, wat in 1715 gesterf het, behoort.

Owerhede vermoed die olifanttand sou op die swart mark vir ivoor verkoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.