Louise: “Ons liggie is geblus voordat sy ‘n kans gehad het om te skyn….”

Die vermoorde Louise de Waal.

Louise de Waal was ʼn vrygewige, saggeaarde en liefdevolle meisie wat na skool toerisme wou gaan studeer.

De Waal se familie het in ʼn verklaring gesê Louise het maklik met kinders en vriende oor die weg gekom soos sy ook met volwassenes het. “Sy was ‘n voorbeeldige student …en is onlangs tot prefek verkies vir haar finale jaar van skoolopleiding”. De Waal is Woensdagoggend ontvoer terwyl sy en ʼn vriendin op pad skool toe was in Roodepoort. Die polisie het later die middag ʼn verkoolde lyk gevind wat hulle vermoed is die van De Waal. “Ons liggie is geblus voordat sy ‘n kans gehad het om te skyn, deur’ n gemene en wrede daad van geweld”. Louise sou Sondag haar sewentiende verjaarsdag vier. ʼn 35-jarige man het homself Donderdag by die Margate polisiekantoor oorgegee en erken dat hy De Waal ontvoer en vermoor het. Hy verskyn Maandag in die hof. “Ons gesin is verbysterd en ons almal trek van regoor die land saam om te probeer om ondersteuning te bied aan mekaar in die moeilike tyd,” het die familie gesê. Die familie het ook hul dank uitgespreek teenoor die land se burgers wat hulle in die tyd moeilike tyd ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.