Louise de Waal-moordverdagte het nie erken hy is “Sondag-verkragter”

Die polisie het berigte ontken dat die man wat in hegtenis geneem is rakende die ontvoering en moord van Louise de Waal erken het dat hy die “Sondag-verkragter” is.

Die ondersoekbeampte, ao. Peet du Toit, sê daar is wel ʼn streng vermoede dat die man die “Sondag-verkragter” is. Hy sê die polisie volg alle leidrade op en sal teen Maandag wanneer die verdagte in die hof verskyn eers met duidelikheid kan sê of hy die “Sondag-verkragter” is. Die verdagte het erken dat hy De Waal Woensdag ontvoer en vermoor het. ʼn Verkoolde lyk is Woensdagmiddag op ʼn verlate plaas in Magaliesburg gevind. Die polisie vermoed dit is De Waal se lyk. Die verdagte het homself Donderdagoggend by die Margate polisiestasie oorgegee.

Die “Sondag-verkragter” word gesoek in verband met minstens nege sake verkragting en een van moord. Die “Sondag-verkragter” het verlede jaar na bewering twee skoolmeisies in Pretoria-Wes ontvoer. Die een meisie het glo uit die ontvoerder se bakkie gespring en is dood. Die ander meisie is verkrag. Die “Sondag-verkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

Die verdagte is volgens mediaberigte getroud met ʼn 6-jarige seuntjie. Hy werk glo vir ʼn maatskappy wat plafonne installeer aan die Wes Rand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.