Louise de Waal se vermeende moordenaar erken hy is “Sondag-verkragter”

Johannes Jacobus Steyn, wat beskuldig word van die moord op Louise de Waal, tydens sy verskyning Maandag in die Krugersdorp landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Louise De Waal vermoor het, het Maandag vlugtig in die Krugersdorp landroshof verskyn.

Johannes Jacobus Steyn het sy gesig met ʼn baadjie versteek toe hy die hof binnegekom het. Hy het vinnig gaan sit en sy kop tussen sy bene laat sak. Steyn staan tereg op 13 aanklagte van verkragting, 10 van ontvoering, een van moord en ses van seksuele aanranding. Die polisie het bevestig dat Steyn erken het dat hy die sogenaamde “Sondag-verkragter” is. Die “Sondag-verkragter” is gesoek in verband met minstens nege sake van verkragting en een van moord. Die “Sondag-verkragter” het verlede jaar na bewering twee skoolmeisies in Pretoria-Wes ontvoer. Die een meisie het glo uit die ontvoerder se bakkie gespring en is dood. Die ander meisie is verkrag. Die “Sondag-verkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

Die saak is uitgestel tot 13 Desember vir verdere ondersoek. Die hof het gelas dat daar nie foto’s van Steyn op so manier geneem mag word dat dit sy identiteit onthul nie aangesien daar moontlik later ʼn uitkenningsparade kan wees. Steyn het na bewering Woensdagoggend De Waal ontvoer in Roodepoort terwyl sy en ʼn vriendin op pad skool toe was. ʼn Verkoolde lyk is later die middag op ʼn verlate plaas in Magaliesburg gevind. Die polisie vermoed dit is De Waal se lyk. Steyn het homself Donderdagoggend by die Margate-polisiestasie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Irma Malan ·

Johannes Jacobus Steyn – wat het toe van die saak geword.

Paul ·

In Die Burger van 8 Maart 2012 is berig dat hy op 37 aanklagte teregstaan en dat die saak in Julie 2012 sal voortgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.