Louise se beweerde moordenaar Maandag in die hof

Die man wat erken het dat hy Louise de Waal ontvoer en vermoor het sal Maandag in die Krugersdorp landdroshof verskyn.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikhawe Ndou, sê die verdagte word tans in Johannesburg aangehou. Die 35-jarige man het glo Woensdagoggend die 16-jarige De Waal ontvoer terwyl sy en ʼn vriendin op pad was skool toe in Roodepoort. ʼn Verkoolde lyk is later die middag op ʼn verlate plaas in Magaliesburg gevind. Die polisie vermoed dit is De Waal se lyk. Die verdagte het homself Donderdagoggend by die Margate polisiestasie oorgegee. Die verdagte word ook betrek by nege ander sake van erkragting en een van moord. Die misdade is glo deur die sogenaamde “Sondag-verkragter” gepleeg. Die “Sondag-verkragter” het verlede jaar na bewering twee skoolmeisies in Pretoria-Wes ontvoer. Die een meisie het glo uit die ontvoerder se bakkie gespring en is dood. Die ander meisie is verkrag. Die “Sondag-verkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

Die verdagte is volgens mediaberigte getroud met ʼn 6-jarige seuntjie. Hy werk glo vir ʼn maatskappy wat plafonne installeer aan die Wes Rand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.