LP probeer glo vliegtuigdeur oopmaak

Foto: GCIS

Die departement van internasionale betrekkinge kon nie gister reageer op berigte dat ʼn parlementslid onder die invloed van alkohol was op ʼn vlug tussen Johannesburg en Moembaai, Indië en glo die vliegtuig se deur probeer oopmaak het terwyl dit steeds in die lug was nie.

Times Live berig dat Clayson Monyela, woordvoerder vir die departement, alle navrae na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) verwys het. Die beweerde voorval het onder die media se aandag gekom nadat die DA-LP, Dianne Kohler-Barnard, op Twitter daarna verwys het. Die DA se kiesafdeling-hoof, Kim Coward, het dit later bevestig. “Die vlug is vertraag aangesien ʼn Suid-Afrikaanse LP onder die invloed van alkohol was, daar ʼn onderonsie plaasgevind en hy die vliegtuig se deur probeer oopmaak het terwyl dit in die lug was.” SAL het bevestig dat daar ʼn voorval was rakende ʼn ontwrigtende passasier op vlug SA 284. ʼn Woordvoerder van SAL, Martin Kemp, wou egter nie meer besonderhede bekendmaak nie maar het wel gesê dat die nodige prosedure gevolg is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.