Lugdienswerker in hegtenis geneem vir dwelmsmokkelary

ʼn Werker van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem in verband met dwelmsmokkelary.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 34-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat sy glo kokaïne met ʼn geskatte straatwaarde van sowat R300 000 van Sau Paulo in Brasilië in die land in wou smokkel.

Die verdagte, ʼn bemanningslid, het sowat 2kg se dwelms aan haar bolyf vasgemaak. Sy was glo deel van ‘ncdwelmsindikaat. Sy moet Maandag in die Kempton Park-landdroshof op aanklag van dwelmhandel verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.